Gereformeerde Kerk Plettenbergbaai & Knysna

Wie is ons …

Ons is ‘n gemeenskap van gelowiges wat saamkom om die liefde van Christus te vier en te deel. Hier vind jy ‘n tuiste waar jy kan deel word van ‘n ondersteunende en omgee-gemeenskap. Ons glo in die krag van die evangelie om harte te verander en lewens te transformeer. Wat is beter as die vreugde van ‘n lewe in Christus?

Kom, deel jou gawes, raak betrokke en maak ‘n verskil in iemand anders se lewe.

Ons erediens is elke Sondag om 10:00 in die Melkwegkerk in Harkerville op die Plettenbergbaai Lughawepad. Ons nooi u hartlik uit om na die diens ‘n koppie tee of koffie saam met ons te geniet by welke geleentheid ons almal mekaar beter leer ken.

Ons gawe-georiënteerde bedienings …

Ons kan net plant en natgooi, ons laat die groei in God se hande ….

Eredienste

Ons kom elke Sondag om 10:00 bymekaar as ‘n geloofsgemeenskap om die Here se seën te ontvang, daaraan herinner te word hoe ons elke dag moet leef, ons geloof te bely, Hom te loof met ons sang en om uit sy Woord in waarheid bedien te word.

Bybelstudie

Bybelstudie word deurlopend in Plettenbergbaai, Knysna en Sedgefield gedoen en bied aan elkeen die geleentheid om God se Woord in diepte te verstaan, ons geloof te verdiep en ook mekaar beter te leer ken.

Kategese

Katkisasie-onderrig is elke Sondagoggend na die erediens terwyl die res van die gemeentelede tee/koffie geniet. Dis nie ongewoon vir elke katkisant om op pad daarheen eers ‘n handvol koekies vir padkos te vat nie.

Fasiliteite

Ons bou en onderhou ons eie fasiliteite. Die werk is nooit klaar nie. Nog geleenthede om die onderlinge verbondenheid te versterk.

Uitreiking

Die Here gee vir ons meer as wat ons nodig het, sodat ons ook met ander kan deel, onder meer hulpbehoewendes in ons gemeenskap en die Kinderhuis in Reddersburg.

Gasvryheid

Om die onderlinge verbondenheid te bevorder eet die gemeente gereeld saam en drink saam tee/koffie elke Sondag na die erediens.

Kommunikasie

Kommunikasie is nooit na wense nie. Daarom moet dit voortdurend evalueer en aangepas word om sover moontlik in al die behoeftes in die gemeente te voorsien.

Finansiële ondersteuning

Bydraes word vir n verskeidenheid doeleindes aangewend en daar word van ons vereis om met verantwoordelikheid daarmee om te gaan.

Ds Hanno van Schaik
Sondag 21 Julie 2024
Matteus 5:1-12
Gelukkig is die wat treur,want hulle sal vertroos word.

Ds Hanno van Schaik
Sondag 14 Julie 2024
Matteus 5:1-12
Gelukkig is die armes van gees, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Ds Hanno van Schaik
Sondag 7 Julie 2024
Ps 90 (Fokusvers 12)
Om ons lewensdae na waarde te skat – dit moet U ons tog leer!

Ds Hanno van Schaik
Sondag 30 Junie 2024
Markus 4:1-20 (Fokusverse 14 en 20)
Die gelykenis van die saad en die grond – die Evangelie en ons harte.

Ds Hanno van Schaik
Sondag 9 Junie 2024
1 Kor 2:1-16
Die fluisteringe van God se Gees

Ds Hanno van Schaik
Sondag 19 Mei 2024
Handelinge 2:1-13
Die koms van die Gees van God

Ds Hanno van Schaik
Sondag 12 Mei 2024
Handelinge 1:6-14
Eensgesinde aanbidding van Christus